GAmors .. is dit nou regtig nodig?!?

Gisteraand op die nuus wys hulle nou weer die gemors wat die ‘strikers’ gemaak het!

Is dit nou regtig nodig.?. is daar regtig soveel mense wat nie verder as hul eie neuse kan dink nie.. wie moet daardie gemors weer skoon maak. NET HULLE SELF!

Ja.. die munisipale werkers betoog, hulle maak vuil, maar besef nie hulle maak maar net vir hulself meer werk nie! AI.. ek kan partykeer maar net sug en glimlag oor hierdie mensdom van ons se dade.

En as hulle nou hul 15% verhoging kry, dan gaan die res van ons maar net nog MEER k@k en betaal..

#gemors, #munisipaliteit, #verhoging