Laat die Vet Val

Ek het besluit om my reis na ‘n maerder ekke op ‘n nuwe, aparte blog te deel. Volg my gerus op Laat die Vet Val (https://laatdievetval.wordpress.com/)

untitled-1-fw

#28-dae-eetplan, #eetplan, #gewig, #laatdievetval, #maer, #vet

28 dae eetplan – my reis na ‘n maerder ekke

thin-and-fat Ek het so ruk terug besluit, genoeg is nou genoeg. Dit is nou die hoeveelste keer wat ek probeer bietjie, ok, baie gewig afstoot, maar my brein begin aan elke verskoning onder die son dink. En net soos ek begin mooi verloor dan val ek weer van die wa af. En ek is nou gatvol vir afval. Ek moet begin gesonder keuses maak en daarby bly.

Ek het so ruk terug ‘n op eetplan afgekom wat my nogals heel opgewonde het. Ek kan aartappel en pasta eet so dit is beslis ‘n wenner! ‘n 28-dag eetplan en dis gratis beskikbaar. Ek het dit hier gekry >> https://www.facebook.com/groups/1499627750287965/

Natuurlik wil ek so gou as moontlik daarmee begin, maar ai.. die finansies is nie nou so goed nie en kan ek nie nou al my eetgoed gaan koop nie. Daar was reeds, voor ek op die plan afgekom het, koskaste volgemaak. Dis nou wat my brein vir my sê en dan las dit nog by dat die kanse groot is dat ek hoofpyne of volle migraines kan verwagte wees met die eerste paar dae van die eetplan, omdat jou liggaam detox. Alles bangmaak praatjies en uitstel praatjies.

14907000_1731575177168199_8566359125683531164_nMaar gelukkig het my hart nou inge-tjip en vertel my toe dat ek solank volgens die bakkie grootte moet begin eet en die Flat Tummy Water moet begin drink. Ek het toe my bakkie gaan meet volgens die instruksies in die gratis aflaaibare boekie te kry by die link hierbo, en eet nou sedert die 2de November daaruit.

Ek het myself ook begin forseer om ontbyt en middagete te eet, aangesien ek BAIE geneig was om een of albei te skip.

Ek het drie dae terug die Tummy Water begin drink, maar sonder die gemmer in. Ek het dit nog nie probeer met die gemmer by nie, ek moet eers vars gemmer gaan koop.

Deur net hierdie veranderinge te maak, het ek alreeds 2.3kg verloor sedert die 2de November.

weightloss-humorMy voete is nie meer geswel nie en ek voel asof ek weer helder kan dink. Ek het nog so baie werk wat moet klaar en ek is soooooooo ver agter. Maar ek moet net deurdruk. En ek glo die drie keer ‘n dag eet doen wondere aan my helderheid. So far so good!

Ek het besluit om my gewigsverlies-reis met julle te deel. Volgens ‘n oulike app(Monitor Your Weight) wat ek nou op my tablet het, moet ek nog 56.3kg verloor om my doelgewig te bereik. Ek weet dit gaan ‘n paar 28dae rondtes neem om daar te kom. En met behulp van die bg. facebook groep, wat ‘n wonderlike groep mense is wat mekaar ondersteun en motiveer, en die deel van my reis hier, glo ek, ek sal dit hierdie keer maak!

#laatdievetval

#eetplan, #gewig, #maer, #vet, #water