Jippee.. vandag is uiteindelik Vrydag!!
Eintlik nog bietjie vroeg om te vier, maar ja, dis nietemin Vrydag 😉 Al is die strate nog vuil en ons asblikke nog vol!
Ek sal maar vandag my werk deurdruk, want hoe vroëer dit klaar is, hoe beter.. dan kan ek bietjie op die internet gaan rond loer vir idees vir uitnodigings na my ‘PARTY’.
Ja ek word 30 oor minder as ‘n maand, en snaaks genoeg (vir ‘n vrou ja) sien ek nogal uit na die GROOT 3-0.. heheh..
Ek moet my uitnodigings maak en uitkry.. ek is nou maar een wat daarvan hou om al die goed self te maak. Van die uitnodigings tot die koek 🙂
Julle moet almal ‘n HEERLIKE Vrydag hê, en ‘n BAIE LEKKER naweek. Dit voel darem of hierdie naweek bietjie warmer sal wees, ek is nou al SO MOEG van die koue!! Ek tel die dae af na lente-dag.. Al is dit koud daardie dag sal my gemoed al klaar beter voel net om te weet die winter is darem op die kalendar al verby..
Ek dink ek moet ‘n aftel-tieker na lente en somer hier oplaai!! heheh.. ja laat ek maar eers bietjie werk..