Jong.. hierdie naweek was dit nou omtrent koud in ons geweste! En hier het ek gedink ek gaan bietjie sonskyn sien en beddegoed was.
Maar ja, dit was reen en nogmaals reen en die beddegoed gewassery moet maar wag tot ‘n ander naweek.
Ek moet seker maar dankbaar wees die son skyn vandag, al is daar ‘n yslike knyp in die lug. Ek is nou maar net nie ‘n wintermens nie, en ek is nou al tot hiertoe verby siek van hierdie koue. My vingers kry die koudste, die dat ek al van skooldae af geleer het om byna alles met handskoene aan te doen. Ek tik en skryf met handskoene en ja ek kan selfs ‘n boek lees (die blaaie omblaai) met my handskoene aan.. dit kom van jare se oefening elke winter, want sonder die handskoene kan ek amper nie eens my vingers beweeg nie..
Net jammer my liefie dink nie dis so goeie idee om my hande teen sy warm rug te ontdooi nie..
Ek hou my gevriesde duimpie baie styf vas en hoop die was nou die laaste ergste koue vir die jaar!!!
My vingers kan nie meer nie… !!!!
Ja-nee, ek en koue is ook nie maatjies nie. My voete voel die ergste. Twee blokke ys.